Friday, October 19, 2007

Die hond het my beskuit....van die tafel af gesmeit (nee nie rerig nie, ma ek laaik die song)

Sorry, but this one has to be in Afrikaans….. want rusk is nou maar een maal net nie beskuit nie – Dip a Granny werk net nie.

Ja, soos meeste Afrikaner in die buiteland is beskuit altyd een van die dinge wat ek die meeste mis. Ek’t een redelik onsuksesvolle poging tot karringmelk beskuit gehad in Kanada (iets wat ek toe later danksy Google agterkom is nogal nie ongewoon nie).

My nuwe skoonsus is nogal ‘n kranige bakster, so die keer het ek haar hulp ingeroep vir ‘n resep – ‘n maklike een!!! So, na ‘n paar keer se herinner kom dit resep toe - so ewe per SMS –
  • Meng 2k suiker, 2 k karringmelk, 3 eiers en 500g margarine
  • Voeg 1kg bruismeel, 4k All Bran, 1tl sout en 2 k muesli
  • Sit in gesmeerde pan en bak 1 uur by 180C.
  • Sny met sker mes en droog 4-6 ure by 100C

    My response – All Bran , soos in die kelloges flakes of bran soos in semels en hier’s nie Muesli nie! Antwoord – Ja, die flakes bran en meng oats en klapper, neute en rosyntjies saam vir muesli.Sterkte.

    Ek’t dit nodig gehad, want hier in Freetown is niks soos ‘n vinnige stop by die P’nP met alles wat jy nodig het nie. Bestandele bymekaar maak is ‘n 4-dag proses. Stop by Freetown Supermarket - geen karringmelk of muesli. All Bran kos Le 19 000 – (>R40) vir ‘n 700g pak (no name brand). Neute is oor die R50 vir klein pakkie – so verseker uit. Koop toe maar die All Bran, oats, long life melk en klapper. Google toe maar die karringmelk besigheid en 3 opsies – 2/3 jogert met 1/3 melk; eetlepel asyn in melk of eetlepel kremetart in melk – ek besluit op die jogert (tuis gemaak deur een van my huismaats, en mooi een kant gehou vir my.). Muesli is toe volgense almal (veral Amerikaners wat saam my bly) cranola of crunchli. Meng oats, klapper, paar anys saadtjies met heuning en bak in die oond ( ruik heerlik !), maar niks neute en rosyntjies die keer nie.

    Teen die Vrydag aand weet al 10 mense in die huis hier word “rusk” gebak – en dis iets soos biscotti (oven-dried bread klink net nie te lekker nie). Die Hollanders weet darem wat die is en sien uit om te proe. Maar ek kom ook agter daar’s ‘n onsekerheid of 7 ure se bak ooit die moeite werd kan wees. So begin ek toe die proses 19:00 op ‘n Vrydag, aan. Meng als mooi, kry tot broodpannetjies in die kas – krap die roes af. Nou vir biejtie ekstra opwinding – ons het net ‘n gasstoof (gelukkig, want elektrisiteit is maar min), maar die termometer se wyser is af en die deur mak nie behoorlik toe nie, so dis maar bid vir die beste . On die deur toe te hou – draai ‘n besem of mop om teen die handvatsel, leun ‘n 25liter kan water (of kookolie) op die stok om dit in plek te hoe en dis toe!

    Uur later, ruik die huis absoluut heerlik, broodjies gly sommer so uit die pannetjie. Ek’s natuurlik te lui om te wag tot dit ordentlik afkoel, so sny-sny maar versugtig. As dit krummel, kla ek nie, want dis ‘n lekker happie. Terug in die oond. Ek’s moeg en gaan slaap.Stel my selfoon vir 1:30am. Traag om op te staan, maar dinge lyk goed. In dei humiditeit hier kan niks buite staan nie, so pak weg– een roomys bak vol vir die huis, ‘n “secret stash" net vir my. Terug bed toe.

    Saterdag oggend sit ek onder die gazebo, heerlike see bries wat teen die heuwel opkom, ‘n koppie lekker koffie en my beskuit – dis mos Boere Troos (met beskuit).

1 comment:

Unknown said...

Hi Luzanne, hope all is well. The girls wanted to send you an email so I just showed them your BLOG and we all tried to read this...was very interesting. I think Queenie speaks your language and not mine..No more babysitting for you:) The girls send their love hugs and kisses..Deb, Mari-Anne, Trinity & Queenie